65405
65405
/
  1. Eerste Oogopslag

From the album Ek Vir Jou (2007)

In cart Not available Out of stock

Written and composed by Chris Chameleon

Lyrics

ek kan nie slaap vannaand nie
nie na gisteraand nie
nie nadat of sedert ek jou gesien het nie

jou skielike verskyning
was dit bloot net n beswyming?
my ontydige hersenskimme…

o! kan dit wees dat met die eerste oogopslag
dit liefde kan wees?
en glo jy nes ek, net soos n kind
dat n grootmens dit dalk ook so kan vind?

en niks maak sin vandag nie
nie na gisternag nie
toe ek jou daar eers gewaar het

asof daardie oomblik
my lewe, in n oogwink,
al my dae tot onsin verklaar

laat die mond oorloop waarvan die hart dan vol is!

deur Chris Chameleon