chapter
CD'S
cover
cover
Ek Herhaal Jou
Shine
7de Hemel
Ek Vir Jou
released June 2005
released June 2006
released June 2006
released July 2007
Made Available
Klassieke Chameleon
Made Available
 
released April 2008
released October 2008
   
       
DVD's
cover
cover
Volkleur
Flight of an
extraordinairy alien
Klassieke Chameleon
released Dec 2005
released Nov 2007
released April 2008
     
Ek Herhaal Jou
1. Ek Herhaal Jou Lyrics   Download
cover
2. Die Onverkrygbare Lyrics   Download
3. Lied Van Die Lappop Lyrics   Download
4. Ontvluchting Lyrics   Download
5. Jy't My Gekierang Lyrics   Download
6. Bitterbessie Dagbreek Lyrics   Download
7. Vyf Lewens Lyrics   Download
8. Korreltjie Sand Lyrics   Download
9. Die Lied Van Die Gebreekte Riete Lyrics   Download
10. Op Die Voetpad Lyrics   Download
11. Fragment Lyrics   Download
12. As Jy Slaap Lyrics   Download
13. My Pop Val Stukkend Lyrics   Download
14. Opdrag Dwaling Lyrics   Download
         
Order Album


Download Album

Rhythm iTunes Amazon
         
         
 
1. Ek Herhaal Jou
ek herhaal jou
sonder begin of einde
herhaal ek jou lichaam
die dag het ‘n smal skadu
en die nag geel kruise
die landskap is sonder aansien
en die mense ‘n ry kerse
terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hande namaak
 
2. Die Onverkrygbare
ek koop ‘n rok van crêpe-de-chine
met vingers op die tikmasjien
met goeie kos en ligte dop
sal iemand gou as vriend ontpop
met verse oor die graf en stof
koop ek vir my ‘n rantsoen lof
jou liefde kan ek myne noem
met mooimaakgoed en warm soen
kon ek verkry met geld en spel
die wyster wat die ure tel!
 
03. Lied Van Die Lappop
ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat
saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof
my hande roer nier en my lyf
word met jou weggaan koud en styf
sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het me sommerso gekoop
en sal my nog een guy fawkes-nag
goedsmoeds verbrand en daaroor lag
ek es die lappop sonder gees
my pyn jou luid gevierde fees.
 
04. Ontvlugting
uit hierdie valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in gordonsbaai terug:
ek speel met paddevisse in ‘n stroom
en kerf swastikas in ‘n rooikransboom
ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aanwind blaf
ek is die seevoël wat verhongers daal
en dooie nagte opdis as ‘n maal
die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind
my lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.
 
05. Jy't My Gekierang
jy't my gekierang dolie
jy't my gefop
my hart o appelliefie
verdroë in sy dop
die predikant sê agge nee
my ma sê agga gwaan
my ouma dink weg wêreld
waar kom ons ook vandaan
maar dolie bokkie baby
jy't my verstoot
al maak ek ook my daggies
nes kuikens vir jou groot
al gee ek jou die dagbreek
se rooywang-vy
jy't laasnag - o my attatjie!
met ‘n ander man gevry
my brakhond en my mak uil
tjank groot en wijd
maar dolie bokkie baby
ons tjank een woord altijd
 
06. Bitterbessie Dagbreek
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tussen my en hom
soek ek na die grootpad
omdaarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedröe
weer die koggel kry
eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
 
07. Vyf Lewens
met die eerste wit john collins
is ek ‘n kunstenaar uit die renaissance
jy is die mona lisa van my hart
en ek bekend met ‘n da vinci-smart
ek sien in spieëls ‘n karmeliete vader
wat draai en draai en my gedurig nader
teerheid en tering speel in sy oë saam
dis ek, dis ek, wat in die spieël staan!
toe loop ek op my tone op ‘n draad
‘n sierlik, pagel-sirkus akrobaat
ek spoed die lug in om te voel
die dood hang aan my slingerstoel!
die voetval wat deur ster-nat strate klink
die maer gelaat wat in bierglase blink
die man wat hurk in roelandstraat
wat sterf van honger is my skadu-maat!
die vyfde collins maak my nugter
die papie roer en ek word digter...
 
08. Korreltjie Sand
korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat
sonnetjie groot in die blou
ek maak me ‘n ogie van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie
kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in doodloopstraat
wêreldjie ron en aardblau
korrletjie maak ek van jou
huidie met deur en twee skrefies
tuintjiemet blou madeliefies
pyltjie geveer en verskiet
liefde verklein in die niet
timmerman bou aan ‘n kis
ek maak my gereed vir die niks
korreltjie klein is my woord
korreltjie niks is my dood
 
09. Die Lied Van Die Gebreekte Riete
die wind uit die torwana/berge
het haar skoot vol mos
sy dra ‘n slapende kind
sy siteer die sterre
met die stem van breë waters
teen die wit gebeente van die dag
die wind uit die torwana-berge
oewerloos sonder horison sonder seisoene
het die gesig van alle mense
het die aalwyn van die wêreld voor haar bors
het die lam van alle vreugde oor haar skouer
en die laksman van elke dagbreek in haar oë
die wind uit die torwana-berge
met haar skoot vol mos
dra ‘n slapende kind
dra ‘n nag van distels
dra ‘n dood sonder duisterheid
en waai deur die gebreekte riete
 
10. Op Die Voetpad
op die voetpad o bokkie
jou hand die myne
en ons huisie staan klaar
in my hart se lyne
deur die dag van die bij
tot dit rooikrans o bokkie
vannag sluit hom toe
in ons pondokkie
klimaat van jou lyf
o meidjie dousag
maar jou oë vlieg wys
oor die nimmermeerdag
en die aand skilfer reeds
sy bont kleure af
waar die voetpad alleen
oor die blou bulte draf
 
11. Fragment
om nege-dertig het ek jou ontmoet
en volgens voorbepaling met die hand gegroet
wit was die buislig-stilte op die gruis
gesloten in verdriet reeds elke huis
die yl gekantel van ‘n rafelende wolk
by ons ontmoeting het jy reeds geweet-
diep in jou oë het jou hart gebreek.
 
12. As Jij Slaap
as jy slaap en die verdriete
en selfs ons bitter liefde agterlaat,
is jy maar weer ‘n argelose kind
met drome wind‘rig oor jou mooi gelaat
ag, as die teer nag is jou arms lê,
en sterlig oor jou bors en hare skyn
is jy maar weer ‘n seuntjie weggedwaal
van huis en ouers en hul soete samesyn
ag, in jou slaap wil ik jou eem
en aan my bors hou tot die môre myd
oor al die heuwels breek - wil ek jou neem
en terugbring van jou eensaamheid.

moenie slaap nie
moenie slaap nie, kyk!
agter die gordyne begin die dag dans
met ‘n pouveer in sy hoed.
 
13. My Pop Val Stukkend
die skaduwee waarske die straat
geslinger uit ‘n hoë balkon
deur die skaars waarsku die son
deur die lied van die penniefluitjies
geval op die dreunende straat
my pop met ‘n naam soos ‘n liggaam
wat net soos ‘n mens kon praat
my pop soos ‘n mossie geskiet
korrel-kaal van die vensterbank
of was dit die wind uit die verte
of was dit my eie hand
my pop het geval toe die son
sy brons klok lui uit die lug
toe die wolke die mure wit kalk
val die skaduwee daarin terug
die skaduwee waarsku die son
porselein met die ver lug bo-
as ek sou val uit ‘n hoë balkon
as ek sou breek lyk ek ook só?
 
14. Opdrag Dwaling

opdrag

wat kan ek nou nog vir jou sê-
my bitter liefde is uiteindelik verby,
en net jou sterre-oë uit die duister
skyn dierdie oomblik nog naby.
wat wil jy nou nog van my hê,
eerdat die laaste gloed uitbrand?
ek weel alleen ons siele bly
nog hierdie oomblik diep verwant.
ek kan jou fluisterend vertel
die eindtoon van die helder lied
van jeug en liefde is gemeng
met skemeringe van verdriet.
ek kan jou my laaste woorde gee,
my laaste trane en my laaste leed.
dan sal ek, nae dié oomblik, selfs
hart van my hart, selfs jou vergeet!

dwaling

toe het ek gedink dat jy en julle
min is; ek het gevoel
dat ek verby die kille
winde van jul onreg en die doel
van jul terloopse groet is.
ek het die hoop en liefde wat ek een
gegee het as jou erfenis
geneem; ek het gelag en weens
my vrolikheid en goedheid veel gewen.
maar toe die ligte dof word en die aandklok fel
die leegte inlui was ek diep bedroef en
in myself was ek teleurgestel.