chapter
CD'S
cover
cover
Ek Herhaal Jou
Shine
7de Hemel
Ek Vir Jou
released June 2005
released June 2006
released June 2006
released July 2007
Made Available
Klassieke Chameleon
Made Available
 
released April 2008
released October 2008
   
       
DVD's
cover
cover
Volkleur
Flight of an
extraordinairy alien
Klassieke Chameleon
released Dec 2005
released Nov 2007
released April 2008
     
7de Hemel
1. Droomland Lyrics   Download
cover
2. Sterredank Lyrics   Download
3. Houvas Lyrics   Download
4. Wagtijd Lyrics   Download
5. Kwaad Lyrics   Download
6. Droomverlore Lyrics   Download
7. Vlerke Lyrics   Download
8. Reis Lyrics   Download
9. Groet Lyrics   Download
10. Gebroken Siel Lyrics   Download
11. Hartlam Lyrics   Download
12. Stapelgek Lyrics   Download
13. Genade Van Die Liefde Lyrics   Download
         
         
 
1. Droomland

ek ontwaak in my droomland
het laas my oe gesluit in verloorland
ek probeer my bes om jou te vergeet
maar ek onthou wat jy van my weet

en jy staan met jou wereld in my geheue
met die perels wat selfs die varke teruggee
en ek voel wat jy nooit sal berou nie
is die misdaad net wat jy onthou of nie?

my verloor die dag toe ek jou gevind het
was n dwaas die dag toe ek begin dink het
dis die kettings wat die man kan breek
en die vurktong waar die waarheid in steek

en ek dink ek mis jou
maar hoe sal ek ooit kan se?
ek dink ek mis jou
maar sou ek jou terug wou he?

en die vuur wat ons vroeer gedeel het
is die as wat ons lank reeds verveel het
en ek voel maar ek kan dit nie glo nie
en ek sien maar ek kan dit nie glo nie

is dit alles, ja alles, nie net n droom nie?

 dreamland
I awake in my dream land
Having last shut my eyes in the land of loss
I try my best to forget you
But I remembder what you know of me

And I think I miss you
But how can I truly say
I think I miss you
But would I want you back?

And you stand with your world in my memory
With the pearls that even the swains give back
And I feel which you may never regret
Is the crime only what you remember or not?

Lost to me the day that I found you
Was a fool the day I started thinking
It’s the chains that the man can break
And the forked tongue that the truth can speak

And the fire we used to share
Has become the ashes that have since bored us
And I feel but I can’t believe it
And I see but I cant believe it
I guess I must be dreaming it…

 
2.Sterredank

as dit lyk soos dit vandag hier lyk
en my duister uitkyk nie wil wyk nie
is al wat ek sien swart of is dit dalk net
dat ek die swart in alles sien

is dit nie dan, juis dan dat
ek my sterre dank dat
ek jou het nie?

om n juk te wees, aanstotend steen
is regtig nie iets wat ek graag wil wees nie
maar jy hou vol dat ek welkom is
in jou smaak val en boonop aardig is

ja die donker is n duister ding
waarin n mens nog hond nog haar af maak
maar dis die geringe flikkeringk
wat wanneer kriekies sing
weer sigbaar raak

en as ek opkyk en my sterre tel
dan sien ek daarin hoe hul my toekoms voorspel
en wat ek in hul vorm en ligging lees
is dat die pad vorentoe voorspoedig gaan wees!


lucky stars
when it seems as it does now
and my dark outlook lasts
is everything I see black
or is it just the black in everything I see?

isn’t that when, just then
that I thank my lucky stars for you!

to be a burden, a pebbled path
is really not what I’d like to be
but you insist that I am welcome
preffered and likeable

yes, the dark is a dismal thing
within which not much is ever seen
but is is this little flickering
which, one crickets start cricketing
first becomes noticeable

and when I look up and count my stars
i see how they predict my future
and what I can tell from their shape
and the way the lie in the sky
is that my future’s bright!

 
03. Houvas

As dit n bietjie meer word as wat ek kan verdra
Hierdie keihardheid, die dik vel en die koue front
Kan ek na jou toe kom? Sal jy my dan vashou?

En as die steek van die verlede nou in my hart ontvou
En laasnag se duisternis my vandag weer besoek
Kan ek na jou toe kom? Sal jy my dan vashou?

En ek weet dis seer want ek’t gesien wat die wreedheid aan jou oe doen
En hoe dit jou toelaat om na my toe terug te kom
Laat ek jou dan vashou.

Al wat ek is en al wat ek was het weer een geword
Ek’t vergeet wat ek moet vergeef om weer jou vriend te wees
Ek’t gekom uit die vuur uit jy’s in vanuit die kou
Met niks meer as die begeerte of weer vasgehou te word
En weer vas te hou.


Hold
When it’s become a little more than  can bear
All of this hardness, the thick skin and the cold front
Can I come to you? Will you hold me then?

And when the sting of the bygones becomes a thing of the present again
And last night’s darkness casts it’s cloak over today
Can I come to you, would you hold me then?

And I know it’s hard ‘cause I have seen
how it’s greyed your hair and how it’s dulled your eyes
and how it’s let you let yourself come to me
so let me hold you then.

All that I’ve been through and all that I’ve come to are one again
I forget what I’ve got to forgive to be your friend again
I’ve come out of the fire you’ve come in from the cold
With nothing left but this desire to be held
And to hold again

 
04. Wagtijd

en ek wag al sedert die eerste keer
dat ek jou gesien het en ek weet
dat ek hoe lank ek ookal moet sal wag
op die dag wanneer ek weet ek mag
kyk in jou oe en kan weet
dat ek in liefde kan glo en jou hand mag neem
sonder sorg sonder vrees
en weet dat jy
die leed van my
alleenheid kan genees.

en van tyd het ek ook geen benul
want dis tyd waarmee ek die leemtes vul
van my hart se swart oneindigheid
en die letsels van my eensaamheid

en solank daar geloof is
is daar hoop
en solank daar hoop is
is daar rede
om te lewe...


waiting time

and I’ve been waiting since the first time
I saw you and I know
That I will wait
For as long as it takes
For the day when I know I may

Look into your eyes
And can know
That it’s ok to believe in love
And may take your hand
Without care or fear
And know that you
Can heal the pain of my loneliness

And of time I have no concept
Because it’s time with which I fill
The hollows of my heart’s black infinity
And the scars of my solitude

And as long as there is faith
There is hope
And as long as there is hope
There is reason
Reason to live

 
05. Kwaad

die pad van die lewe loop lank en swaar
teen die helling van jou grootste drome uit
en jy weet dat met jou grootste maat
loop jy daai hange meer gemaklik uit

en soms voel ek ietwat bedroef
en soms voel ek net eenvoudig bedruk
dan’s daar niks wat my so goed opskroef
soos n vriend se glimlag en n stywe druk

sit bas en al in die wip verstrik
wie anders as n vriend gaan jou dan daaruit ruk
as die dryfsand aan jou kinnebak lek
is n vriend die een wat daar is om jou uit te trek

kwaad vir jou maat?
wat help dit dan jy’s kwaad vir jou maat?

 vriend is veel meer werd as goud
want goud gaan jou nie troos
as die eensaamheid haar arms om jou vou
n vriend is daar as al die roem
en die gelag en glinstering
verdwyn het uit die binnekring


mad

the road of life walks long and laboured
along the slopes of your biggest dreams
and you know that with your greatest mates
those slopes are never as big as they seem

and sometimes I feel a little sad
and sometimes just downright mad
that’s when I rely on being debugged
by a friend’s smile and perhaps a hug

mad at you mate
what’s the point
of being mad at your mate?

N friend’s worth a whole lot more than gold
‘cause gold can not console
when loneliness folds her arms around your soul
a friend is there when all the fame
and laughter and glittering
have left the building.

 
06. Droomverlore

selfs met jou oe toe
kyk jy deur my
en selfs in die donker
sien jy tot binne my

niemand kyk na my
soos jy na my kyk nie
en niemand sien my
soos jy my sien nie
droomverlore in jou oe...

en ek swig, my hart word sag
wanneer ek in jou oe kyk
in jou blik voel ek die vrag
van my wereldse sorge wyk
droomverlore in jou oe...


lost in dreams
even with your eyes closed
you see through me
and even in the dark
you look into me

no one sees me as you see me
and no one looks at me
as you look at me

lost in dreams
lost in your eyes

and I falter, my heart softens
when I look Into your eyes
in your gaze I feel the weight
of my worldly worries
dissapate

 
07. Vlerke

te lank al is ek teruggetrokke
skuil ek in die skadu's waar die son my nie kan bereik nie
te lank al kruip ek nie meer uit die duister huis
waarin ek my dig toegesluit het nie
maar jy het hierdie yster kluis
verbrysel met jou glimlag wat van son gemaak is!

jy gee my vlerke
jy laat my vlieg
en ek vlieg op die wieke van die winde
van my wildste drome
vlieg soos n arend uit die nag.

te lank al leef jy sonder hoop
dat liefde jou weer terug sal vind
en lig in jou lewe kan bring
te lank al sien jy nie die weg
die weg wat jou hart vir jou wys
wat lei tot jou bevryding
maar ek sing vir jou n nuwe lied
van drome wat waar kan word
en in ligskerwe verskiet

jy het vlerke
jy kan vlieg
en jy vlieg op die wieke van die winde
van jou wildste drome
vlieg soos n arend na die son!


 wings

for too long I’ve been withdrawn
hiding in the shadows where the sun can’t see me
for too long I’ve not crept out
of the dark domain within which I’ve enclosed myself
but you have shattered this iron safe
with your smile that is made of the sun

you give me wings
you let me fly
and I fly on the wings of the winds
of my wildest dreams
fly like an eagle out of the night

for too long you’ve lived without hope
that love will find you again
and bring light back in your life
for too long you’ve not seen the way
your heart’s been trying to show you
the way that leads to your liberation
but I’ll sing a new song for you
of dreams that do come true
and burst in shards of light

you have wings
you can fly
and you fly on the wings of the winds
of your wildest dreams
fly like an eagle into the sun!

 
08. Reis

sit jou hele lewe lank op jou sitvlak n luilak by die huis
en al wat jy ken is die reis van die rusbank tot in die kombuis
is jou idee van transport droomland toe op jou matras?
en etniese etes in sakkies op die rakkies in jou yskas?

as ek se groot natuur sien jy die onkruid op jou gras?
en dink jy aan wilde diere as vismotte in jou kas?
het satteliet tv jou bron van avontuur geword?
en is jou playstation nou die somtotaal van jou genot?

het jy gehoor wat het geword van jan tuisbly?
hy het geglo dat hy alles tuis kon kry
en onbewus van wat daar is
wat buite sy voordeur skuil het hy
uitgemis op

acapulco, amsterdam, londen en berlyn
phoenix arizona waar die son ook lekker skyn
brussels, delhi, moskou, machu picchu in peru
san francisco, shangai en ja, selfs ook timbuktu.


travel
spend your whole life long lazing about at home
all you know is the journey from the sofa to the kitchen
is your idea of transportation the mattress of you dreams?
and ethnic cuisine in bags on racks in your fridge?

when I say big outdoors do you see the weed on your lawn?
do you think of wild animals as the roaches in you cupboards?
has satelite tv become your source of adventure?
and is your playstation the sum total of you pleasure?

have you heard what has become of homeboy homebound?
he believed that all in this world at home can be found
und unawares, of what lies there, behind the closed front door
he missed out on

 acapulco, amsterdam, london en berlin too
phoenix arizona where the skys are always blue
brussels, delhi, moskow, machu picchu in peru
san francisco, shangai and yes, even timbuktu.

 
09. Groet

wie weet waar liefde leef
as dit nie in jou hart mag wees?
en wie kan raai wie's die man
wat die rots wat jou hart is kan beweeg?

lief en leed koester ek steeds
sal ek jou ooit kan vergeet
en tyd sal leer, maar tyd verteer
die hart binne my wat steeds aan jou kleef

en ek groet
met die wete dat ek jou agterlaat
in jou liefdelose bestaan
en ek skaam my
om my rug te draai
want dis weer ek wat die liefde verraai

 
greet
who knows where love lives
if it can’t be in your heart?
and who can guess who’s the man
that can move the rock that is your heart?

love and grief, I still crave
will I ever forget you
and time will teach, but time devours
the heart in me that still clings to you

and I greet in the knowledge that I leave you behind
in your loveless existence
and I’m ashamed for turning my back
because, again, it is I that has betrayed love.

 
10. Gebroke Siel

n mens sou dink dat jy volmaak is -
die wyse waarop jy van jou selfgemaakte
troontjie afkyk, wegkyk, neerkyk

maar ek is nie jou rondloperbrak nie
en ek is nie die ou vloerlap waarmee jy
jou saddusseersgewete poleer nie

onthou jy nog toe net n mens was
voordat jy geword het wat jy jouself nou so verhewe ag -
n drogbeeld van praal en prag

maar wanneer jy alleen In jou huis
die deur agter jou sluit weet dat jy dan agter slot en grendel
met die monster In jou leef

ek weet wat's jou grootste vrees
dis dat jy nes ek dalk ook n mens kan wees
en ek verstaan hoe dit jou sou verniel
want dit maak jou, nes ek, n gebroke siel

kyk, die wiel draai
en ons draai en draai en draai daarmee tesame


broken soul
 one would think that you’re perfect
the way in which you sit upon your self made pulpit
and look down. look away. look down

but I am not your stray mutt
and I’m ot the the old rug
with which you can polish your sadducean concience

can you remember when you were but a human
before you became that which you now regard yourself -
a mirage of beauty and grandeur

but when you lock yourself into your house
know full well that you’re locked in
with the monster within you

I know what’s your biggest fear
It’s that you may be, like me, merely human
And I understand how this can devastate you
Because it makes you, like me, a broken soul

Look, the wheel turns
And we turn and turn and turn along with it.

 
11. Hartlam

soos n ou horlosie tik-tak teen die muur
in die stilte van my somber huis
verloor ek in elke minuut by jou n uur
voel ek my oe breek in hierdie kluis
van skarlaken

uit die rooi riviere van my lief-verblinde oe
drup die sout van die aarde uit my brein
en ten spyte van my vloek en my vertoe
voel ek my waterwese wegsyfer
in die sand van kennis

en ek dink...

en die goed en die sleg is opgeweeg teen mekaar
en raai-raai, die sleg weeg gans te swaar
uit die mond van die hoorder kom nie n enk'le klank
en ek walg in hierdie stank
in die braak van my wraak

en bevooroordeeld is die naam van profesie
goudglim liefde staan laggend op uit die see
en ek weet, ek weet want ek's geleer:
n toe hand kan niks ontvang nie
maar hoef niks te gee

en ek gee, te min en ook soms te veel...

hartlam, wis jy waar my hart is?
en smartlam, wis jy waar my smarte is?
en hartlam, wis jy
dat ek deur letters vasgebind is
en hartlam wis jy
daar's n haakspeld in my lip ek is so stom soos n klip

en hartlam, as liefde n klip was
was ek sand in jou uurglas...


 terms of endearment
like an old watch, tick tock, up against the wall
in the silence of my sombre home
I lose an hour in every minute with you
and feel my eyes break
In this crimson safe

from the red rivers of my love blind eyes
drips the salt of the earth from my brain
and in spite of my curse and my remonstrance
I feel my watery existense siphon away in the sand of knowledge
and I think I think too much

and the good and the bad have been weighed against one another
and, you guessed it, the bad outweighs the other
and the mouth of the listener’s a muting clench
and I gag in the vomit of my revenge.

and prejudice is the name of prophesy
shimmering golden love rises from the sea
and I know, for I’ve been taught:
a closed hand cannot receive
but needn’t give
and I give, too much and sometimes too little

darling of my heart, do you know where my heart is?
darling of my sorrow, where are my sorrows?
and darling, do you realise that I’ve been bound by letters?
and darling do you know there’s a safety pin in my lip,
I’m silent as a stone.

and love of my heart
if love were a stone
i’d be sand in your hourglass.

 
12. Stapelgek

wel, die saak staan so:
vir n lang lang tyd hou ek jou nou al dop
en nou raak dit so:
tot my eie spyt is ek totaal versot

en nou's ek mal
stapelgek oor jou

miskien beter ek jou vermy
vir my vir altyd vat ja!
want ek's lankal deur jou lyf verlei
vir ly is ek al sat ja!

en ek weet nie wat die sinne
in jou liggaamstaal bedoel nie
en ek weet ek kan in geen sin vir jou se
hoe ek oor jou voel nie

en nou's ek mal,
stapelgek oor jou

so, wat wil jy maak?
wil jy al die visse in die see net aan lyn hou?
wel, sny my los want dit raak te veel
my hoop begin al kwyn.

en ek weet ek sal van my kop afgaan
as jy nooit eens na my kyk nie
en ek weet jy kan my nie wegwens nie
want jy weet nie eens hoe ek lyk nie

en nou's ek mal oor jou
stapelgek oor jou

want elke keer as ek na jou kyk
moet ek my gedagtes keer
en nes ek klaar aan jou gedink het
dink ek vinnig weer
en dit lyk of jy my nooit raaksien nie
maar ek hou maar aan probeer

want jy maak so lekker seer! 


stir crazy
well my case Is this:
for a long long time I've been watching you
and this Is what It's become:
In spite of myself I've become mad about you

and now I'm crazy, crazy over you

perhaps I should avoid you
but I'm a void without you
because I've been seduced by your body
like It's nobody's business

and I don’t know what the sentences in your body language mean
and I know no sentence can say what I feel for you

and now I’m crazy, crazy over you

so what do you want to do
do you want to keep all the sea’s fishes on a line
well cut me loose because I’m drowning in hopelessness
and I know all lose all my marbles if you don’t give me a second glance
and I know you can’t wish me away
because you don’t even know what I look like

and every time I look at you I have to stop my thoughts
and once I’ve thought of you I have to think again
and it seems as if you never see me but I keep on trying
because you hurt and when you do you hurt so good

 
13. Genade Van Die Liefde

dis waarskynlik die ses en veer-
tig miljoenste keer dat n ge-
dig oor die liefde
haar weg deur die siel
van n man as n lied uitvind

ek verklaar my dan hier tot slaaf
of koning of wat dit haar behaag
in diens van die liefde
in al haar fasette
want ses letters
is nie veel nie.

en sy vra nie veel nie
die liefde vra alles
en dis wat so salig is:
om in haar hande, oorgelewer
aan die genade van die liefde
te lewe!


mercy of love
this is probably the forty six
millionth time that a
poem about love
finds her way out through the soul
of a man in the form of a song

I hereby declare myself a slave
or king or whatever she desires
in service of love
in all her facets
because four letters
aren't that many

and she doesn't ask much
love asks everything
and that's a blessing:
to be In her hands,
delivered unto the mercy of love