chapter
CD'S
cover
cover
Ek Herhaal Jou
Shine
7de Hemel
Ek Vir Jou
released June 2005
released June 2006
released June 2006
released July 2007
Made Available
Klassieke Chameleon
Made Available
 
released April 2008
released October 2008
   
       
DVD's
cover
cover
Volkleur
Flight of an
extraordinairy alien
Klassieke Chameleon
released Dec 2005
released Nov 2007
released April 2008
     
Ek Vir Jou
1. Eerste Oogopslag Lyrics Download
cover
2. Soen Lyrics   Download
3. Ja Gesê Lyrics   Download
4. Ek Vir Jou Lyrics   Download
5. Klein Klein Jakkalsies Lyrics   Download
6. Ek Dink Ek Hou Nog Van Jou Lyrics   Download
7.Om Jammer Te Sê Lyrics   Download
8. Weer Bymekaar Lyrics   Download
9. Vertrek Van Die Twaalf Lyrics   Download
10. Laatste Baklei Lyrics   Download
11. Epiloog Lyrics   Download
         
Order Album


Download Album

Rhythm iTunes Amazon
         
 
1. Eerste Oogopslag

Ek kan nie slaap vannaand nie
Nie na gisteraand nie
Nie nadat of sedert ek jou gesien het nie

Jou skielike verskyning
Was dit bloot net n beswyming?
My ontydige hersenskimme…

O! kan dit wees dat met die eerste oogopslag
Dit liefde kan wees?
En glo jy nes ek, net soos n kind
Dat n grootmens dit dalk ook so kan vind?

En niks maak sin vandag nie
Nie na gisternag nie
Toe ek jou daar eers gewaar het

Asof daardie oomblik
My lewe, in n oogwink,
Al my dae tot onsin verklaar

Laat die mond oorloop waarvan die hart dan vol is!

First Sight

I can’t sleep tonight
Not after last night
Not since I first saw you

Your sudden appearance
Was it merely an apparition?
My untimely hallucinations…

Oh! Could it be that upon first sight
It can truly be love?
And do you believe, like me, like a child
That this can happen to an adult too?

And nothing makes sense today
Not since last night
When I first saw you there

As if that moment
Nullified my whole life
In the blink of an eye

The the mouth flow over with that which the heart is full of

 

 
2.Soen

Kan jy my van nou die aand onthou?
Want ek onthou jou!
Kan ek jou met my geheim vertrou?
Kan jy geheime hou?
Ek het jou gesien en sedertien
Wil ek jou weer sien want
Jy’s die vergestalting van my mooiste drome

Nou’t ek jou nommer en wil jou bel
Dalk moet ek eers tot tien tel!
En ek wonder hoe ek dit moet stel
Hoe sal ek dit dan vertel?
Ek begin te bloos nog voor ek kan praat
O! rooigesig verraad!
Want jy’s die vergestalting van my mooiste drome

En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek
En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees
Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen
Wil ek jou eintlik net gryp en jou soen

Jy’t gedink dis vreemd dat ek jou bel
Ek was bly jy’t opgetel
Jy’t ingestem om uit te gaan
En ek was oor die maan
Ek kon my groot geluk nie glo
Iemand hou van my daarbo
Want jy’s die vergestalting van my wildste drome

Toe’t ek jou met die rooi motor gaan haal
Blink vosperd met n nuwe saal
Met n bos vol blomme voor jou deur kom staan
Uitgevat en oorgehaal
Maar toe jy daai deur oopmaak
Het ek amper agteroor geval
Want jy’s die vergestalting van my mooiste drome

Kiss

Can you remember from the other night?
Because I remember you!
Can I trust you with my seret?
Can you keep a secret?
I saw you and ever since then
I’ve wanted to see you again
Because you’re the embodiment of my most beautiful dreams

Now I have your number and I want to call
But perhaps I should count to ten first
And I wonder how I should put it
How can I tell you this
I start blushing before I can even speak
Oh red faced betrayal!
Because you’re the embodiment of my most beautiful dreams

And I stutter when I speak and my voice breaks
And I fear that you may read my mind
Because in spite of my civil façade
I just want to grab you and kiss…

You were surprised when I called
I was glad you answered nonetheless
You agreed to go on a date
Naturally I was over the moon
I couldn’t believe my stroke of luck
Somebody up there must like me
Because you’re the embodiment of my most beautiful dreams

And then I fetched you with the red car
Like a night in shining armour
Stood at your front door with a bunch of flowers
Kitted out and finger on the trigger
But when you opened that door
I nearly fell over backwards
Because you’re the embodiment of my most beautiful dreams

 

 
03. Ja Gesê

Jy’t ja gese
Niks maak nou meer saak nie
Jy’t ja gese
Niks kan my nou meer traak nie
En n lig het erens aangegaan
En dis ek wat in die sonlig staan
Jy’t ja gese!

En jou woorde was
Woorde wat my pas
Met n glimlag het jy gese
Dat jy n kans sou vat
Was dit wat ek se as ek met jou praat
Of was dit dalk die wyse waarop ek jou aanraak?
Jy’t ja gese!

Al wat n vrees is het ek verban
en elke miskien is sedertien n kan
en met jou kan ek berge versit
en met jou wil ek my in die lewe verlustig

Jy’t ja gese
En die res is om’t ewe
Jy’t ja gese
nou’s daar nuwe sin in my lewe
en wat die lot ookal vir my beskik
gaan ek laggend tegemoet
met ons liefde en geluk
jy’t ja gese

Said Yes

You’ve said yes
Nothing matters any more
You’ve said yes
Nothing can bother me any more

And a light has gone on somewhere
And it’s me standing in the sun
Smiling, ‘cos you’ve said it…

And your words were
Suited to my expectations
With a smile you said
That you’d take a chance
Was it what I say when I speak to you
Or the way I touch when I touch you?

You’ve said yes
And the rest is inconsequential
You’ve said yes
There’s new meaning in my life
And whatever fate may bring
I’ll take it in my stride, smiling
Because you’ve said it

And every fear I have banished since
And every ‘maybe’ since then is a ‘can’
And with you around I can move mountains
And with you I can wallow in life itself

 

 
04. Ek Vir Jou

Is dit geluk?
Is dit dalk loon uit die pogings geput?
Of die onwrikbare mosterdsaad geloof?
Ons rots, ons liefde
Ons vredesvesting en die sekerheid:

Dis ek vir jou en jy vir my

En vir te lank
Het ek bestaan in afwesigheid van
Die gloed van die liefde
Die lig in jou oe
Jou kosbare glimlag
En ons begrip:

Dis ek vir jou en jy vir my

So glo ek in die drome
Wat die blinde nagte aan my gee
Want wat hul aan my beloof het
Is die lig wat jy in my ontwaak het

En ons kan weet
Dat ons twee bymekaar sal wees
Wanneer die einde
Die uiteindelike
Laaste nag daal
Haar mantel oor ons val
Dan weet ons steeds:

Dis ek vir jou en jy vir my

I am yours

Is it luck?
Is it reward for efforts applied?
Or the unfailing mustard seed faith?
Out rock, our love
Our home of peace our certainty

I am yours and you are mine

And for too long
I existed in the absence of
The glow of love
The light in your eyes
Your precious smile
And our understanding

I am yours and you are mine

And so I believe in the dreams
That the blinded nights have given me
For what they have promised me
Is the light that you’ve awoken in me

And we can know
That the two of us will be together still
When inevitable, the last night comes
Casts her cloak over us
Then we’ll still know

I am yours and you are mine

 
05. Klein Klein Jakkalsies

Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?

In die begin was als piekfyn
Was ek jou doring jy my rosie
En ons saam in die maanskyn

Maar toe die nugter oggend breek
Kom ons agter dat rose verlep
En dorings seer kan steek

As dingetjies krap en irriteer
Se die kopdokter daar skeel
Buiten dit wat jy sien soveel meer

Hy se dit sal help as ons twee praat
Maar sodra die tonge loskom
Raak ons weer vir mekaar kwaad

Hul se daar kom n drie jaar kramp
En as n mens dit net verby kan kom
Staan jy daarna altyd in dieselfde kamp

Maar wat gemaak met n sesweek pyn
Dis mos soos mis wat verdwyn
Nog voor die oggendson kan skyn

Bugs Bugging

Bugs bug and bugs
Cause me to squirm in my chair
Is this what an ant in the pants feels like?

In the beginning all went well
I was your thorn and you my rose
And we together in the moonshine

But when the sober morning broke
We realised that roses can wilt
And thorns be a prickly pain

When little things begin to bug you
The shrink will tell you there’s more
Wrong than what meets the eye

He says it’ll ghelp if the two of us talk
But as soon as we let the tongues loose
We say stuff that makes us angry again

They ay there’s a three year itch
And if it’s the one you can overcome
The rest is just a singe

But what to do with a six week pain?
It’s like mist disappearing before
The suns first rays can fall

 

 
06. Ek Dink Ek Hou Nog Van Jou

Vannand wil ek nie terug huistoe gaan nie
Kan ons oorverdowende swye nie verdra nie
Die stilte wat met n storm begin het
En van daar net wyer uitgekring het

Ek moet bieg ek het dit nooit sien kom nie
En die lot kyk vooruit draai ooit om nie
Nie soos ons wat net die verlede gewaar
En soos sy wederhelf in sout verstar

En ek dink ek hou nog van jou
En hou jy nog van my?
En kan jy nog onthou
Waarom ons dan baklei?

Weet nooit waar sulke dinge begin nie
En dit maak ook eintlik nooit regtig sin nie
Dalk begin dit met net een woord
Wat in die mond van liefde nie tuishoort

En verdraagsaamheid onwetend die prooi
Na die maal van die toorn uitgenooi
Om gegysel dan as ketter te brand
Vir die losprys van beginsel verpand

I think I still love you

Tonight I don’t want to go back home
Can’t bear our deafening silences
The silence that began with a storm
And rippled wider since then

I must confess I didn’t see it coming
And destiny, like Lot, looks ahead, never back
Not like us, who can witness only the past
And like his better half petrify in stone

And I think I still love you
And do you still love me?
And can you still remember
What we’re fighting about?

Never know where these things begin
And they never really make sense either
Perhaps they begin with just a single word
That doesn’t belong in the language of love

And tolerance unwittingly the prey
Invited to the feast of tempers
To be taken hostage and burnt at the stake
Pawned for the ransom of principle

 

 
07. Om jammer te sê

Om jammer te se
Is al wat ek kan se om jammer te se
Met net een woord my hart te verwoord
Dit wat ek nou voel vir wat ek aan jou gedoen het

Nooit gedink
jammer kan so n groot woord wees nie

soms maak ek seer
en ek kry altyd seer as ek die seer in jou oe sien
en wanneer dit gebeur
dat ek die rede is vir wat ek in jou ie sien
maak dit my seer
nooit gedink
dat ek jou ooit so seer kon maak nie

en o! om jou te verloor
was n verlies soveel groter as wat ek kon glo
my dae’t verdof
tot die stof waartoe stof terugkeer
en die as van die vuur
wat ons liefde eens was

om dankie te se
vir wat jy is en vir wat jy vir my beteken
met net een woord my hart te verwoord
dit wat ek nou voel vir wat jy vir my gedoen het
nooit gedink
dat jy soveel vir my beteken nie…

Sorry

Sorry is all I can say to say sorry
To put to words that which I feel
For that which I’d done to you

Never thought that sorry
Could be such a big word

Sometimes I hurt
And it always hurts when
I see the hurt in your eyes
And when it happens
That I am the reason for what I see in your eyes
It hurts me

Never thought I could hurt you like this

And oh! To lose you
Is a loss so much bigger than
I believed could be true
My days ghave dulled
To the dust to which dust returns
And the ash of the fire
That our love once was

Thank you
Is all I can say to say thank you
To put to words that which I feel
For what you’ve done for me

Never thought that you
Meant this much to me

 
08. Weer Bymekaar

Jikkels ek’s in my skik
Ek het my boeglam geskrik
Dog dis klaar dis neusie verby
Dog dis die einde van jou en van my

Hiert my lief dit was amper
Amper dryf ons skip sonder anker
Met die wind heel uit ons seile
Van mekaar verwyder met myle

Dit was byna so hitete
Te perd is goed maar nie te te
Te laat te moeg te siek en sat
Te kronkelend opdraende pad

Maar ons is weer bymekaar!

My eie geselskap is goed
Maar joune is tog soveel beter
Ek’s gelukkig alleen as dit moet
Maar met jou is ek tog soveel beter

Back Together Again

Jeepers I’m chuffed!
I had the fright of my life
Thought it was over, I was a goner
Thought it was the end of us

Wow my love that was close
Our ships were almost without anchor
With the wind right out of our sails
And miles adrift from each other

Yes it was almost it was close
Way too close for comfort
A close shave is good but
Only where a razor’s concerned

But we’re back together again

My own company is good
But yours is so much better
I’ll be happy alone if I have to
But with you I’m just so much better

 
09. Vertrek Van Die Twaalf

Moenie vir my se
Wie ek is nie
Want ek weet wie
Weet jy dan nie?
En jou vertoe
Dat ek in jou moet glo
Val op die dowe ore
Van die een waarin jy nie glo

Stemme verhef
Deure wat klap
Swart atmosfeer
Het oor ons huis toegesak
Waar is die lag?
Waar is die lig?
Wens ek wis wat dit is
Wat ons vrede hier ontwrig

En ek weet nou
Wat die waarskuwing was
Die woorde wat geval het
Toe ons in die ban was
Van die woede wat ons dwaas
In ons vasgebind het
Die woorde wat onvanpas
Hul weg uitgevind het

Die swaard maak seer
Wonde genees
Maar wat gebeur
As woorde die hart kneus?
Lank na die tong
Rus in sy skede
Ontkom die liefde
Aan onherstelbare gebreke…

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

Ek’t op soek gegaan na die antwoord
Op die vrae oor die aard van wat ons
Rus en vrede verstoor
En dit lyk my dit hang saam
Met die vertrek van die twaalf letters
In liefde en respek.

Departure Of The Precious Eleven

Don’t tell me who I am
Because I know
Don’t you know?

And your plea
That I must belive
In you falls upon the deaf ears
Of the one in whom you don’t believe

Voices raised, doors slammed shut
Black atmosphere has fallen
Upon our home
Gone the laughter, gone light
Wish I knew what’s the cause for this disturbance

But now I know
What the first warning was
The words that fell
When we were crazed
By the tempers to which we were
Held hostage.

The sword cuts
And then wounds heal
But what happens
Words cut the heart?
Long after the tongue
Rests in its sheaf
Love dies from it’s mortal wounds

And it’s been too long
Since we’ve laughed together
And it’s been too long
Since we’ve held each other
In high regard

I went searching for the answer
To the question of what’s disturbed
Our perfect love and peace
And it seems their demise coincide
With the departure of the precious
Eleven letters in love and respect.

 
10. Laatste Baklei

Ek hoor die voels fluit en ek merk dat die son skyn
Doof hul uit, laat die lig verdwyn
Middernag kom helder oordag en woon in my
Ons laaste baklei – ek en jy

Die buurhond blaf, kinders raas in die straat
Maar my siel het die buurt en my lyf lankal verlaat
Ek neem nie notisie nie nie van enigiets nie
Sedert ons laaste baklei – ek en jy

En die blare skarrel voor die wind doelloos rond
My verwoorde gedagtes verdor in my mond
Waar my hart ook vlug sleep herinnering hom terug
Na ons laaste baklei – ek en jy

Ek het nooit gedink dit gaan n paradys wees nie
Ek het nie verwag dit moet sonder n prys wees nie
Weet al lankal n groot les kan jy nie klein leer nie
Maar ek het nooit gedink dit maak so seer nie

En dis laat en die huis staan leeg
En my hart loop hom vas in n doodloopsteeg
Basuin my geheim uit o kriekekoor
Die skreiende feit dat ek jou verloor.

The Final Fight

I hear the birds sing
And I see the sun shine
But I’m deaf to them
And to light I’m blind
Midnight comes at noon
And lives in me
Our last fight – you and I

The neighbour’s dog barks
Children play in the street
But my soul’s left this place
And has left me
Don’t take it in, not anything
Since our last fight – you and i

The leaves bristle aimlessly
Swept by a dry wind
And my words dry in my mouth
Before they’re spoken
Wherever my heart flees
Memory drags it back to
Our last fight – you and i

Never thought it would be a paradise
Didn’t expect it to come without a price
I know a big lesson is never taught small
But I didn’t think it would hurt this much

And it’s late and our home is empty
And my heart’s wandered into a dead-end street
Cricket choirs betray my sectret
The hard fact that I’ve lost you

 

 
11. Epiloog

As die pyn en al die leed
Deur die pleister van tyd genees
En as die lag en lof in herinnering verdof
En as die rougeklaag
Mettertyd vervaag
En as die jubelklank
Verswelg deur die swanesang

As die aande op die strand
En ons wandelinge hand aan hand
In die branders van tyd verspoel
Soos ons spore in die sand
Tot die reis op die lang lang pad
Bestemmingloos verloop my skat
En op die warm swart lint
Ons die toekoms nie meer kan vind

As een, alleen
Betree ons elk die wereld
Alleen gaan ons uit
Elk op sy bestemde tyd
Verniet verniet
Die geskater en verdriet
Wanneer die na-nag kom
En ons sterretjie verskiet…

Sal ek my nooit die genot
Of die gawe wou ontse
Om ooit bemin te word
Of lief te he nie!

Epilogue

When the pain and all the grief
Have been healed by time’s plaster
And when the laughter and praise
To all but memory have faded
And when the mourning weep
Dulls in time
And the sounds of mirth are drowned
In the song of swans

When the evenings on the beach
And our walks, hand in hand
Are washed away by the waves of time
Like our footsteps in the sand
And when our travels on the winding road
End without destination
And on its warm black ribbon
The future has deserted us

Alone, as one
We enter this world
And alone we all leave
Each at their appointed time
In vain, in vain.
The mirth and all the pain
When the last night dawns
And our stars shoot out…

Then I’ll never deny myself
The gift and the pleasure
Of being loved and having loved.