chapter
CD'S
cover
cover
Ek Herhaal Jou
Shine
7de Hemel
Ek Vir Jou
released June 2005
released June 2006
released June 2006
released July 2007
Made Available
Kyk Hoe Lyk Ons Nou
Klassieke Chameleon
Made Available
Kyk Hoe Lyk Ons Nou
released April 2008
released October 2008
released March 2009
 
       
DVD's
cover
cover
Volkleur
Flight of an
extraordinairy alien
Klassieke Chameleon
released Dec 2005
released Nov 2007
released April 2008
     
Kyk Hoe Lyk Ons Nou
1. taal van die liefde Lyrics   Download
cover

Order Album



Download Album

Rhythm
2. apie Lyrics   Download
3. eiland Lyrics   Download
4. muur Lyrics   Download
5. ek kan nie wag Lyrics   Download
6. om te verdaag Lyrics   Download
7. grootste geskenk Lyrics   Download
8. lucille Lyrics   Download
9. altyd tuis Lyrics   Download
10. afspraak Lyrics   Download
 
 
01.taal van die liefde

my taal die word nie meer gepraat nie 
ek hoor haar klank nie meer op straat nie
sy word aan bande 
gele dis seker
 oor die skande
van haar sprekers
my hart het in my taal groot geword
daarsonder skiet my gevoel te kort
my leed en hoop in klank vervat
die melodie van haar woordeskat

en as ek droom
dan droom ek in my taal
en as ek saans voor ek gaan slaap
met my god praat dan praat ek in my taal
hy verstaan

die verlede eis nog steeds sy tol
hande met die bloed van onskuld vol
as die toekoms breek onthul die oostergloor
die nag van vereffening het dalk n taal vermoor

as heel die wereld een taal praat
tot net een uitdrukking in staat
die klank en kleur van elke mens
deur die eggo van n enkele lied begrens

dan sal ek droom
dan droom ek in my taal
en as ek saans voor ek gaan slaap
met my god praat dan praat ek in my taal
hy verstaan

en wanneer ons nie meer kan praat nie
en gesprek nie meer by spraak kan baat nie
dan sien ek in jou oe die taal 
wat al wat n mens is kan verstaan

dan sal ek droom
dan droom ek in my taal
en as ek saans voor ek gaan slaap
met my god praat dan praat ek in my taal
hy verstaan

language of love

my language is no longer spoken
i no longer hear her sounds in the streets
she's been reigned in
i guess it's for the shame 
of her speakers

my heart was raised in my tongue
without her my emotions are inadequate
my hope and woe contained in sound
the melody of her vocabulary

and when i dream
then i dream in my language
and when i speak 
at night before i sleep
to my god i speak
in my language
he understands

the past in present takes its toll
it's hands covered in the blood of innocence
when the morning breaks in the eastern glow
will the night of reckoning reveal a language killed

when all the world speaks just one tongue
capable of a single expression
the colour and the sound of everyman
confined to a single sound

then i will dream
and i'll dream in my language
and when i speak 
at night before i sleep
to my god i speak
in my language
he understands

and when we can't talk anymore
when conversation has naught to gain from speech
then i'll see in your eyes
the language every man
understands

then i will dream
then i'll dream in my language
and when i speak 
at night before i sleep
to my god i speak
in my language
he understands

 

 
02. apie

daar's n apie wat nooit slaap nie
 wat heeldag en heelnag in my kop rondbons
en hy hou my dikwels wakker 
hy's n nikswerd bakoor rakker
as hy so bons

en ek kan hom nie keer nie
hy wil hom nie aan my steur nie
kan my apie nie beheer nie o wee

almal het n apie
dis daarom dat die plek lyk soos hy lyk
almal het n apie
en niemand kry sy apie om te wyk nie

daar's n apie in n hokkie en daai hokkie 
is my koppie wat soms bons
en daai apie speel toktokkie
tokkel heeldag met sy klokkie
as hy so bons

en daai apie hou nooit op nie
om my wereld om te dop nie
kan daai apie net nooit stop nie 
hier gaan ons weer

almal het n apie
dis daarom dat die wereld lyk soos hy lyk
almal het n apie
en niemand kry sy apie om te wyk nie

 daar's n ou man by
wie ek altyd goeie raad kry
hy se vir my
as ek daai apie stil wil kry
hoef ek nie verder te soek nie
vir n apie muti nie
want apie sal verdwyn
as ek tyd maak vir stiltetyd

almal het n apie
dis daarom dat die wereld lyk soos hy lyk
almal het n apie
en niemand kry sy apie om te wyk nie
almal het n apie
niemand word nie gepla nie
niemand het nie n apie nie
wat nie amok wil maak nie
almal het n apie
moet my nie so aangaap nie
jy het ook n apie
kom bring gerus jou apie
ons hou n apie paartie

monkey

there's a monkey that never sleeps
that bounces all day and all night
in my head

and he keeps me awake
he's a no good big ear bugger
when he bounces like that

and i can't stop him
he ignores me
i can't control him

everybody's got a monkey
that's why the world is as it is
everybody's got a monkey
and no one gets their monkey to leave

there's a monkey in a cage
and that cage is my head
that often bounces around

and the monkey knocks then runs away
rings his little bell all day
when he bounces like that

and that monkey never stops
turning my world upside down
i can't stop him 

everybody's got a monkey
that's why the world is as it is
everybody's got a monkey
and no one gets their monkey to leave

there's an old man from whom
i always get good advice
he tells me if i want the monkey to leave
i need seek a cure no more
because that monkey will disappear
if i make time to be still

everybody's got a monkey
that's why the world is as it is
everybody's got a monkey
and no one gets their monkey to leave
everybody's got a monkey
no one isn't pestered
no one doesn't have a monkey
that isn't up to mischief
everybody has a monkey
so don't look at me like that
you also have a monkey
so bring along your monkey
let's have a monkey party

 

 
03. eiland

op hierdie rots
van stof en beton
en aalwyn assegaai 
en die groot groot son
dobber ons op
ons eie eilande rond

met voete vas in die sand geanker
ontkom ons nie die sleur van die branders 
nie al is ons te lande
in lief en leed
se diep diep see

jy op jou eiland
ek op my eiland
elk op n stukkie klip
klippie in die see
van lief en leed

en af en toe kom n skip verby
belofte van verlossing 
uit die eensaamheid
van ons gedeelde hoedanigheid

en as ons waag om aan boord te gaan
vandaar ons saam 
verlaat op die maat 
van die groot oseaan
verlang ons terug na ons heenkome 

jy op jou eiland
ek op my eiland
elk op n stukkie klip
klippie in die see
van lief en leed

en soms as die storms om ons draai
waai die winde die klank van ons wense
ons begeerte na mekaar
soos die hunkering van alle mense
mag die see ons meesleur
in haar arms sal ons verkeer

jy op jou eiland
ek op my eiland
elk op n stukkie klip
klippie in die see
van lief en leed

island

on this rock
of dust and mortar
and aloe assegais
and the big big sun
we bob along
each on its own island

with feet anchored fast in the sand
we don't escape the 
drag of the waves
even though we are at land
in the vast see of love and sorrow

you on your island
i on my island 
each on a little rock
 little rock in the sea
of love and sorrow

every now and then a ship comes by
promise of redemption from the 
loneliness of our shared disposition

and if we dare to go aboard
from thence deliver 
ourselves together
unto the rocking of big ocean
will we miss whence we've come from

you on your island
i on my island 
each on a little rock
 little rock in the sea
of love and sorrow

and sometimes when the storms churn
the gales propel the sound of our wishes
our yearning for one another
like the desires of all people
may the see take us in
in her arms we will tarry

you on your island
i on my island 
each on a little rock
 little rock in the sea
of love and sorrow

 

 
04. muur

lank reeds bou ek die muur tussen my en jou
skans wat die ganse wereld uit moet hou
word soms alleen maar ek raak dit mettertyd gewoond
in n see van gesigte is ek die enigste wat my wereld bewoon

en soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
en al my sielsverlange word in haar oe weerspieel
en al my drome word waar
as ek ontwaak
 
 
onlangs het ek teen my gewoonte in getuur
na die afstand tusen die einder en my hemelhoe muur
ek was verstom oor dit wat ek daar kon gewaar
jy en alles wat jy is het jou lank reeds om my muur geskaar

en soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
en al my sielsverlange word in haar oe weerspieel
en al my drome word waar
as ek ontwaak
 
uit die slaapwandeling
die lewe in afwesigjheid 
van die bedreiging van die liefde

langsaam het my jerigomuur ineen geval
deur jou lyf omsingel en jou laggende trompetgeskal
my hart nog effe beskerm deur die klippepuin
voor die aanslag van jou toewyding het ek in my verdediging versuim

en soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
en al my sielsverlange word in haar oe weerspieel
en al my drome word waar
as ek ontwaak
 

wall

for a long time now i've been building this wall
a shield built to keep the entire world out
get a bit lonely sometimes but i'm getting used to it
in a sea of faces i'm the only one inhabiting my world

and sometimes i imagine that i'm sharing it with someone
and my souls longing's reflected in her eyes
then all my dreams come true
when i wake up

recently, contrary to my habit, i peered
at the distance between the horizon and this high wall
i was amazed at what i could see there
you and all that you are have since long surrounded my wall

and sometimes i imagine that i'm sharing it with someone
and my souls longing's reflected in her eyes
then all my dreams come true
when i wake up

from this sleep walking
this life in the absence
of the threat of love

gradually my wall began to tumble down
surrounded by your body and the trumpet of your laugh
my heart still somewhat protected by the rubble
before the onslaught of your commitment my defenses failed

and sometimes i imagine that i'm sharing it with someone
and my souls longing's reflected in her eyes
then all my dreams come true
when i wake up

 

 
05. ek kan nie wag

vir gans te lank is jy al weg
jy voel my hunker en jy weet dis eg
die tyd is nou om terug te kom
ek wag my dae en al my nagte om
vergeet my nie, ek sal jou hou
hier in my arms is daar net plek vir jou

ek kan nie wag om jou weer te sien nie
ek kan nie wag om jou weer te sien nie
en die tyd staan stil
alles draai en draai en dit word nooit later nie
ek kan nie wag om jou weer te sien nie

my vriende se ek hoort te weet
jy't lank gelede reeds van my vergeet
kastele bou ek in die lug
as ek dink jy kom ooit weer terug
maar hul kan nooit weet wat ons weet
hoe ons vir ure lekker saam kan wees

ek kan nie wag om jou weer te sien nie
ek kan nie wag om jou weer te sien nie
en die tyd staan stil
alles draai en draai en dit word nooit later nie
ek kan nie wag om jou weer te sien nie

draai en draai en draai en luister
tik tak tik tak kyk na die wyster
draai en draai die ure sleep verby

ek kan nie wag om jou weer te sien nie
ek kan nie wag om jou weer te sien nie
en die tyd staan stil
alles draai en draai en dit word nooit later nie
ek kan nie wag om jou weer te sien nie

i can't wait

for much to long
you have been gone
you feel me yearn and you know it's true
the time is now
to come back home
i wait away my nights and days
forget me not
i'll keep you
here in my arms there's room for only you

i can't wait to see you again
i can't wait to see you again
and time stands still
everything turns and turns and it gets no later
i can't wait to see you again

my friends say
i can forget it
you've forgotten about me long ago
i'm building castles
in the sky
if i think you're ever coming back
but they can't know
what we both know
how we can be together for hours of pleasure

i can't wait to see you again
i can't wait to see you again
and time stands still
everything turns and turns and it gets no later
i can't wait to see you again

turn and turn and turn and listen
tick tock tick tock look at the clock
turn and turn the hours drag on by

i can't wait to see you again
i can't wait to see you again
and time stands still
everything turns and turns and it gets no later
i can't wait to see you again

 
06. om te verdaag

donker nag en dit was laat
sy het my wakker gemaak 
en gese: ek moet hier ver weg gaan
ek kan nie meer in vrees lewe nie
ek kan nie meer agter die toe deure nie
en my huis het in n tronk ontaard

en kom jy saam
of laat jy my jou verlaat

en sy se:
ek het jou lief
en al die vrugte van my bestaan
is joune as jy saam 
sal kom kan ons opnuut begin
voor ons alles en mekaar verloor
kom ons begin elders van voor

ek het gevra dat sy moet wag
wag op n nuwe dag
dat ek oor my antwoord kan besin
toe die afrika oggend in die ooste breek
het ek my antwoord goed geweet
en met sorg in my hart lig ek haar toe in

ons almal weet
die waarheid maak soms seer

en ek se:
ek het jou lief
en al die vrugte van my bestaan
is joune maar ek kan nie saam weggaan nie
sonder my wortels in die grond
waarvandaan ek kom
kan ek nie vrugte dra nie
ek kan nie doen wat jy my vra nie

sy se toe vir my:
dan moet jy alleen hier bly

hierdie land het ons liefde verongeluk
hierdie land is my moeder en my pa
en my beminde

the departed

dark night, it was late
she urged me to awake
and said: i need to go far away
i can't live in fear anymore
can't live behind these shut doors
and my house has become a prison

and are you coming with me
or are you allowing me to leave you?

and she said:
i love you
and all the fruits of my existence
are yours if if you would come along
you and i can start anew
before we lose everything 
including one another
lets make a new beginning

i asked her to wait
wait for a brand new day
so i may contemplate my answer
when the africa morning broke in the east
i knew what my answer would be
and with concern i made it clear

we all know the truth
hurts sometimes

and i say:
i love you
and all the fruits of my existence
are yours but i can't go with you
since without my roots in the soil
of my heritage, from whence i've come
i cannot bear any fruit
i can't do what you ask of me

she said to me:
then i will leave you alone

this country has killed our love
this country is my mother and my dad
and my beloved

 
07. grootste geskenk

jare lank op reis
en n leeftyd al verby
het gewandel waar die weg my wys 
en skielik was daar jy

ja ek ken ook die pad
hy strek hier agter my
het gedink dit lei na nerens 
en skielik was daar jy

en ons het saam 
saam uit die niet gekom
sonder soeke sonder plan
die wereld wederom
en ons het nooit veel gevra nie
geen betekenis of wenk
maar gekry
liefde, die grootste geskenk

en vir eens in my lewe
staan ek n oomblik stil
want bestaan is nie soos lewe nie
en jy maak die verskil

ook my strewe na genot
n gejaag was dit na wind
want die vrede en die groot geluk
het ek by jou gevind

en ons het saam 
saam uit die niet gekom
sonder soeke sonder plan
die wereld wederom
en ons het nooit veel gevra nie
geen betekenis of wenk
maar gekry
liefde, die grootste geskenk

biggest gift

years of traveling
and a lifetime gone by
guided to where the road lead me
and then you came

yes i know the road too
it stretches out behind me
i thought it lead to nowhere
and then you came

and we came from nowhere
together, without quest 
and without aim
al over the world
and we never asked for much
no meaning or clue
but found, unexpectedly
love, the greatest gift

and for once in my life
i stand still for a while
living is not just existence
and you make the difference

also, my strive for pleasure
a pursuit was that in vain
because peace and happiness
i have found in you

and we came from nowhere
together, without quest 
and without aim
al over the world
and we never asked for much
no meaning or clue
but found, unexpectedly
love, the greatest gift

 

 
08. lucille

omdat jy beter weet
is ek geneig om my te steur aan die wyshede wat jy uiter
en omdat ek weet jy weet
is ek geneig om jou in alle sake van belang te raadpleeg

lucille
jy wat altyd beter weet
lucille
jy vir wie ek vra

as jou gewete meen
dat jy my van rade bedien sou wou ter wille van my welstand
mag ek jou beleefd smeek 
om tog gehoor te gee an my partydige mymeringe

lucille
jy wat altyd beter weet
lucille
jy vir wie ek vra

as jy my se dat jy dit nie waarlik in jou hart voel nie
sal ek jou se dat jy dit nie waarlik bedoel nie
of hoe?
jy is tog vry
om met my te kan

jy kry my dikwels vas
en dis daarom dat ek jou grepe respekteer
en jou desnieteenstaande nie vermy nie

as ek jy was
het ek my dit veroorloof om te leef in die geloof
dat ek bemind is

lucille
jy wat altyd beter weet
lucille
jy na wie ek vra

as jou raad is dat ons twee nie saam kan wees nie
kan ek nie anders as om vanand my nie aan jou te steur nie
of hoe?
jy is tog vry
om met my te kan

lucille

because you know better
i tend to mind the wisdoms you utter

and because i know you know
i tend to consult you in all matters of importance

lucille
you who always know better
lucille
you whom i ask

if you tell me
that you don't truly
feel it in your heart
then i would say 
you don't really mean that
do you?

you are free 
to do it with

you often pin me down
and that's why i respect your grip yet don't avoid you

if i were you
i would've permitted myself
the belief that i am much loved

lucille
you who always know better
lucille
you whom i ask

but if your advice is that we can't be together tonight
i have no choice but to not mind that advice
can i?

you are free
to do it with

 

 
09. altyd tuis

soekend het ek ver geloop
my kop en oe wawyd oop
neus ewig in die wind gerig
op my pad na gister en terug

my land le iewers om die hart van my
haar eggos bly my altyd by
en telkens as ek tasse pak
vat ek my land saam hier in my hart

en wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
en waar ek ookal vraend reis
die antwoord kry ek
altyd tuis

die aard van my geskiedenis
wat weer en weereens herskryf is
le stof en gaar in biblioteek
en oor monumente stil gebreek

ek kyk vir tekens waar ek gaan
dat my mense ooit weer op sal staan
van ons verlede goed genees
om in die hede weer heel te wees

en wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
en waar ek ookal vraend reis
die antwoord kry ek
altyd tuis

en as ek kyk hoe lyk ons nou
en my wat ons was laat onthou
sien ek in al ons handeling
die enigste sekerheid is verandering

en wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
en waar ek ookal vraend reis
die antwoord kry ek
altyd tuis

always at home

searching i have wandered far
eyes and head wide open
forever following my nose
on on my journey to yesterday and back

my land lies somewhere around the heart of me
her echos always remain with me
en every time i pack my bags
i take her along in my heart

and when i take the road again
in my search for who knows what
and wherever i travel in this quest
i find the answer always at home

the nature of my history
that's been rewritten time and time again
lies in libraries, gathering dust
or silently broken over monuments

wherever i go i seek the signs
that my people will once more rise
healed at last from our past
to be whole in the present again

and when i take the road again
in my search for who knows what
and wherever i travel in this quest
i find the answer always at home

and when i look at us us now
with memories of what we were, allowed,
i see in all our doings
the only constant is change.

and when i take the road again
in my search for who nows what
and wherever i travel in this quest
i find the answer always at home

 
10. afspraak

as almal oplaas verdaag
en jy jou weer verlate voel 
en die deur dig toemaak

die ligte een vir een afskakel 
en onderneem om more op te ruim
sal jy my inneem?

niemand hier sal jou verlaat nie
niemand hier sal jou verlaat nie
bly by my

wanneer die klanke van die fees
een vir een wegsypel in die skeure 
van jou stilwordende huis

die groot groot leegte dig gevul
met niks tot oorlopens toe stil
sal jy my inneem?

niemand hier sal jou verlaat nie
niemand hier sal jou verlaat nie
niemand hier sal jou verlaat nie

vergeet ook nie ons afspaark nie
bly by my

appointment

when at last all have left
and you feel left behind again
and shut the door tightly

turn the lights off one by one
undertake to clean up tomorrow
will you take me in?

no one here is going to leave you
no one here is going to leave you
stay with me

when the sounds of merriment 
have seeped away
into the cracks of your quietening house

the big big space filled 
filled to the brim with nothing
will you take me in?

no one here is going to leave you
no one here is going to leave you
no one here is going to leave you
and don't forget our appointment

stay with me